top of page

MEER OOR EBENHAÉSER

WIE IS ONS
  • Uitreikend: Aktiewe evangelisasie volgens Hand 1:8 en Matt. 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels...”
     

  • Groeiend: Elke gemeentelid moet groei tot 'n volwasse persoon in Christus. Efes. 4:13.
     

  • Inspirerend: Ons glo in die inspirasie van die Skrif as God se Woord. Dit bevat nie net woorde van God nie. 2 Tim. 3:16.

WAT GLO ONS
  • Die Bybel is foutloos deur God geïnspireer, volledig, voldoende, onfeilbaar en ons finale gesag.

  • In die Drie-Enige God – Vader, Seun en Heilige Gees.

  • Jesus Christus is waaragtig God en waaragtig mens sodat twee volkome volmaakte nature, dit wil sê: die Godheid en mensheid, in een persoon verenig is. Dat Jesus Christus ewig een is met die Vader, dat Hy vlees geword het deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria. Jesus Christus is die enigste Middelaar tussen God en mens en het sodoende vir die mens versoening bewerk deur Sy lyding.

  • Die Heilige Gees is die Derde Persoon van die Drie-Enige Godheid, dat Hy alomteenwoordig is, oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Dat die Heilige Gees diegene wat tot berou kom en glo, wederbaar die kinders van die Here heilig en lei in al die waarheid soos dit in Jesus Christus te vinde is.

  • Die mens is deur God na Sy beeld en sonder sonde geskape. Die sondeval het die mens volledig van God geskei. Die gevolg is fisiese en geestelike dood. Die sondeval het ook veroorsaak dat die mens geneig is tot sonde. Dit is bekend as erfsonde of inwonende sonde. Erfsonde bly voortbestaan in die lewe van die wedergebore kind van God totdat dit deur die vervulling met die Heilige Gees in 'n tweede ondervinding tot niet gemaak word.

  • Redding kom volledig van God af. Met geen vermoë om homself te red nie, is die mens totaal afhanklik van God se genade. Enige persoon wat tot ware berou kom, sy sonde bely en in geloof vertrou dat Christus se soendood voldoende is, word vergewe, en deur die Heilige Gees wederbaar en ontvang die ewige lewe.

  • Net soos redding, is volkome heiligmaking nie deur werke nie, maar 'n genadewerk van God. Ons glo dat daar 'n duidelike onderskeid tussen 'n rein hart en 'n volwasse Christenkarakter bestaan. Die e[ersgenoemde word in 'n oomblik ondervind terwyl laasgenoemde die gevolg van groei in genade is. Die uitwerking hiervan is om God en mens lief te hê en te dien.

  • Die gemeente is die liggaam van Christus en onafhanklik van eksterne outoriteit en beheer. Die doel van die gemeente is om God te verheerlik deur prediking, aanbidding, evangelisasie en onderlinge verhoudings waar die een die ander dien en hoër ag as homself.

ONS GEMEENTE FOKUS
  • Liefde vir God word maklik verklaar, maar dit moet vergesel word deur kennis van Sy Woord. Kennis is egter nie die finale mikpunt nie – gehoorsaamheid aan God se opdragte, voorskrifte en insettinge is die hoogste vorm van liefde aan God.

  • Ebenhaéser Gemeente fokus doelbewus om God Drie-Enig alleen, te verheerlik.

  • Ons dienste en studies is toegespits daarop om kinders van die Here prakties toe te rus om sodoende dienaars te wees van ons Vader se opdragte. Ebenhaéser Gemeente is 'n Bybel Evangeliese gemeente wat Christene leer om die Bybel te verstaan, te interpreteer en hierdie kennis toe te pas in ons daaglikse lewe.

  • Ons aksies is om die Evangelie van Redding uit te dra na die massa verloregaande mense en om kinders van die Here te bring by algehele toewyding, reinheid, geestelike oorwinning en die volheid van die Heilige Gees.

  • Ons fokus op nie-essensiële aspekte tot saligheid. Die nie- essensiële aspekte lei slegs tot argumente en verdeeldheid en nie tot die opbouing van die liggaam van Christus nie.

  • Ons voertaal is Afrikaans en ons sing beide Afrikaanse_ en  Engelse liedere tydens die eredienste.

  • Die fokus van die gemeente lê in die suiwere verkondiging van die Evangelie om sodoende verlore siele na Jesus te lei en kinders van die Here te help tot geestelike volwassenheid.

  • Die gemeente is in 2002 gestig.

bottom of page