top of page

Ebenhaéser
Tot hiertoe het die HERE ons gehelp
1 Sam 7:12
Weergeboorte, Kerk,
Wie is ons...
Ebenhaéser Gemeente is ‘n Bybelse Evangeliese Gemeente in die Heiligheids Tradisie.
Ons glo dat God ons as wedergebore kinders van die Here oproep tot ‘n heilige lewens wandel.
Die lewe word gekenmerk deur die reiniging van die hart van erfsonde en die vervulling met die Heilige Gees.
Die ondervinding word ondervind deur algehele toewyding aan die wil van God.
Net soos redding is volkome heiligmaking nie deur werke nie maar ‘n genade werk van God. Die gevolg is om God en mens lief te hê en te dien.
Hierdie leerstelling van redding en volkome heiligmaking onderskei Ebenhaéser Gemeente van ander Christelike denominasies.
bottom of page