top of page

Programme en Aktiwiteite

Evangelisasie uitreike word gehou in die vorm van gemeente kampe, reekse dienste, jaarlikse manne-ontbyt, dames tee en hospitaal uitreike.

Gemeente samehorigheid word bevorder deur die gemeente op te deel in kleiner herdersgroepe.

Die leringsaspek van die gemeente dek Sondagskool, Bybelstudie, EEIII opleiding en ander kursusse soos nodig

JONGMENSE EN JEUG

Jongmense is vir ons belangrik in die gemeente. Ons glo dat die jongmense die volwassenes van die toekoms is en daarom word spesiaal voorsiening gemaak om hulle te akkommodeer in ons jaarprogram

BESTUUR EN ORDE:

Die gemeente is 'n Artikel 21 maatskappy sonder winsbejag wat deur 'n bestuursraad bestuur word volgens 'n stel gedragsreëls wat streng toegepas word.

Die betrokkenheid van gemeentelede word aangemoedig deurdat hulle aktief betrokke moet raak in die struktuur en komitees van die gemeente.

bottom of page